Friday, June 27, 2008

Gister





Ek en my ouers en my oupa en ouma hulle het gister middag uitgery na die Daniell Cheetah Breeding centre naby Kirkwood.

Daar het ek met klein cheetahs en klein leeutjies gespeel en en ook die groot Cheetah se kop gevryf.

Hier is 'n paar fotos wat my pa geneem het :

Tuesday, May 6, 2008

My 7de verjaarsdag

Hier is die koek wat my pa vir my gebak het




Ek het 2 maatjies saam geneem na die Oceanarium toe in PE.


Hier kan julle sien is Jody , Charlize en ek , en agter is my ma.

Ons het die dolfyne vreeslik geniet. Die een dolfyn was skelm en het onder die water aangeswem en ons papnat gespat.



Omdat ek verjaar het kon ek die bal vir die dolfyn gooi en het hulle vir my gesing. Hulle maak sulke krrraak Krrrraak geluidjies.

Kyk hoe steek hy vir my tong uit terwyl hy sing.



Daar was ook 'n groot dinosauris in die museem .